Arbeidsonrus vertraag padwerke PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 07:01
Untitled Document

Padwerke aan die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) vorder stadig. Op ‘n vergadering wat op 1 Julie gehou is, is reën en arbeidsonrus as redes vir die projek se vertraging aangevoer. Slegs 14 km van die 42 km is voltooi en R53 miljoen is tot dusver spandeer.

Dié R193,70 miljoen opgraderingsprojek tussen die Bapsfontein vierrigting stop en Bronkhorstspruit-brug oor die N4 snelweg het op 22 November 2013 begin en die beplande voltooiingsdatum is 20 Mei 2015. Die hoofkontrakteur is die Gautengse Provinsiale Department van Paaie en Vervoer. Die konsultant is Nchebe Consulting en die kontrakteur Dreykon JV.

Die werkers is besig by die Garstfonteinweg-verlenging (M30)- en Cullinan-kruisings. Daar is twee stop-en-ry punte in werking, wat die deurgangstyd ongeveer ‘n uur maak. Die verf aan strepe op voltooide dele is weens die aanstelling van ‘n subkontrakteur nog nie gedoen nie, maar alle voorafgaande werk op herstelde dele is voltooi.

Daar is glo ontsettend baie binne-gevegte oor kontrakte, die aanstelling van personeel en die ligging van die kampterrein. By die vergadering op 1 Julie is raadslid Kgopa verbaal en amper fisies aangerand deur iemand wat blyk om ‘n sakeforum-voorsitter van Bronkhorstspruit te wees.

Vir meer inligting, bel Piet van der Merwe by 083-302-0561.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger