Seekoei dalk sleutel tot diefstalraaisel PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 09:00
Untitled Document

‘n Bekommerde Shere-inwoner is in besit van ‘n bos sleutels wat dalk aan ‘n voertuigdiefstal gekoppel kan word. Hy sê as die seekoei aan die sleutelring vir jou bekend lyk, die kanse goed is dat jou Toyota Corolla verlede jaar in Julie of Augustus gesteel is.

Dié inwoner, wat nie sy naam bekend wil maak nie, vermoed dat die vorige werker op sy hoewe die Toyota Corolla waarmee hy rondgery het, gesteel het. Hy vermoed ook dat dit dié werker is wat by sy huis ingebreek het en terselfdertyd sy voertuig gesteel het.

Met die huisbraak so drie maande gelede het die inbreker presies geweet waar om in te kom.


Is dié jou sleutels?

Kruideniersware is uit sy kombuiskaste gesteel, en slegs botteltjies beet is agtergelaat. Sy vorige werker het nie beet geëet nie.

Die Shere-inwoner se voertuig is terug gevind in Mamelodi, glo ‘n klein entjie van waar sy vorige werker woon. Die voertuig is deur die versekering afgeskryf, maar in die kantsakkie was ‘n Pick ‘n Pay-strokie wat ‘n lojaliteitskaart met kontakbesonderhede op gehad het, en die bos sleutels.

Die inligting is aan die Boschkopse Polisie gegee, wat die saak glo ondersoek.

As die sleutels op dié foto vir jou bekend lyk, skakel 083-439-6660 om meer uit te vind.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger