Piet van den Berg se moordenaars gevonnis PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 06:59
Untitled Document

Piet van den Berg se moordenaars het einde Junie lewenslange tronkstraf plus 20 jaar gekry. Hulle is skuldig bevind aan Piet se moord op sy kleinhoewe buite Cullinan in Julie 2009.

Mduduzi Sbusiso Hlengethwa en Mphanyana Given Kanyane is in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis. Hulle het ʼn verdere 41 jaar tronkstraf gekry, wat gelyklopend uitgedien sal word vir poging tot moord op Piet se vrou, Madelein, en omdat hulle die egpaar se huis aan die brand gesteek het, en ʼn aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.


Piet van den Berg

Wonder Mbongezini Makwakwa, wat met die voorval 18 jaar oud was, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Die drie mans het die Van den Bergs se huis glo drie dae lank dopgehou. Hulle het die egpaar oorval, Piet geskiet en toe vir Madelein gedwing om saam met hulle die huis vir waardevolle besittings te deursoek. Hulle het herhaaldelik oor Piet se liggaam geklim om rond te beweeg en het Madelein in ʼn kas toegesluit voor hulle die huis aan die brand gesteek het.

Min waardevolle items is gebuit. Slegs vuurwapens, klere, ʼn bietjie kontant en alkohol is gesteel.
Madelein ontvang nou, vyf jaar ná die voorval, steeds behandeling vir angsversteuring en post-traumatiese stresversteuring. Sy en Piet was 40 jaar lank getroud.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger