Ingryping bepleit vir ‘pad-van-die-dood’ PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 06:58
Untitled Document

Motoriste vrees vir hulle lewe op Garstfonteinweg-verlenging (M30). Ná nog ‘n noodlottige ongeluk op dié pad-van-die-dood in Junie, vra inwoners dat veiligheidsmaatreëls dringend ingestel moet word.


Opdraande in ‘n oostelike rigting
Foto: Loraine Daly

‘n Man is dood ná sy voertuig op die gedeelte van die pad langs Mooikloof Heights en Mooikloof Glen omgeslaan het. Volgens Santi Steinmann van Netcare 911 was hy reeds dood toe die paramedici opgedaag het.


Die noodlottige ongluk in Junie
Foto: Getty Images

Volgens Loraine Daly, wat dié pad daagliks gebruik, is die gevaarlikste stuk van Garstfonteinweg die deel tussen Topaz Crescent and Diamantrylaan.

Sy sê dat daar beslis spoedbeperkings op dié deel van die pad moet wees, wat deur spoedkameras of beamptes afgedwing moet word, en vra of vroegtydige waarskuwingstekens nie opgerig kan word nie.


Afdraande in ‘n westelike rigting
Foto: Loraine Daly

Sy stel ook voor dat versperrings langs die pad aangebring word en geraas-stroke op die teer, soos dié voor tolhekke op snelweg-afritte.

Die aantal kruise langs Garstfonteinweg-verlenging van sy kruising met Hans Strijdomrylaan tot die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) wys dat dié pad al baie jare lank sy naam as pad-van-die-dood verdien.


Opdraande in ‘n westelike rigting op Garstfonteinweg-verlenging. Kyk na die son se posisie teen ongeveer 2.30 nm in Junie
Foto: Loraine Daly

Verlede jaar het ons berig dat die Welbekendse Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) die bestuurder van die Metro-verkeersafdeling, Angelique van der Walt, genooi het om na sleepmerke voor ‘n ingang verder oos in Garstfonteinweg-verlenging te gaan kyk.


‘n Gevaarlike deel van Garstfonteinweg-verlenging (M30) van Mooikloof Heights tot Mooikloof Glen

Danie Goosen, ‘n prokureur van die omgewing, is ook al maande lank besig om inligting by Gautrans te probeer kry oor probleme op dié pad.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger