Vinnige reaksie ná diefstal PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 29 July 2014 06:54
Untitled Document

Andre en Hilda Rossouw van Bashewa skryf:
Graag wil ek melding maak van ‘n voorval wat in die vroeë oggendure van Woensdag 18 Junie gebeur het. Te danke aan ‘n spoedige reaksie om 6.30 vm van Ziegfried Ribbons en sy mede-spoorsnyers het hulle binne omtrent drie ure ons twee motorfietse opgespoor wat uit ons motorhuis gesteel was.

Daar is soveel manne wat gereageer het en almal ingespring het met die opsporingspoging, dat ons niemand se naam graag wil uitlaat nie. Aan almal van julle ‘n baie groot dankie. So ‘n saamstaan kan nie anders as om mense net aan te spoor om betrokke te raak in jou gemeenskap nie.

Ook wil ons graag vir Konstabel Msiza van Welbekend Polisiestasie baie dankie sê vir sy vinnige optrede en noem dat daar op die betrokke oggend verskeie insidente was wat hulle aandag geverg het, en bygesê, met suksesvolle arrestasies. Weereens dankie aan ieder en elkeen vir julle bereidwilligheid.

Dankie ook vir puik leesstof in Die Bronberger!

 

© 2019 Die/The Bronberger