Siek en sat vir stof PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 17 September 2008 18:26
Untitled Document

Wynand van der Merwe van Mooiplaats skryf:

Dat niemand al geskryf het hieroor nie is snaaks. Ek bly in Mooiplaats vir twee jaar en werk al jare in die omgewing. Wanneer laas het iemand gekyk langs die Mooiplaatspad hoe vol stof alles is?

Die swaar vragmotors wat die pad gebruik om die N4 weegbrug te omseil jaag soos besetenes op die pad. Kyk skemeraand hoe hang die stof soos mis. Huise, karre, alles is vol stof. Kan daar nie ’n oplossing gevind word nie?

Behalwe die stof, hoeveel van ons se windskerms is vol krake as gevolg van swaar voertuie wat dink dis die grand prix? Waar is die verkeersbeamptes wat moet kyk dat alle swaar voertuie nie die N4 weegbrug omseil nie?

Iewers het ek gehoor dat as swaarvoertuie’n grondpad gebruik vir ontwikkeling, die maatskappy verplig is om die pad te onderhou en om die pad klam te hou om sodoende stof te vermy.

Ek sien dit nie op die Mooiplaatspad nie. Al die trokke wat die pad gebruik is besig met die nuwe uitbreiding rondom Silver Lakes. Kan iemand nie iets hier omtrent doen nie? Daar gaan nog ’n gruwelike ongeluk wees omdat die stofwolke alle uitsig verhoed vir kilometers op die pad.

 

© 2019 Die/The Bronberger