Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2014 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 23 June 2014 20:22
Untitled Document

Het jy gehoor dat die Cullinanse Kamer van Koophandel en Cullinan Diamantmyn se gholfdag ‘n stewige R63 000 ingesamel het? Dié bedrag word gebruik om plaaslike pre-primêre skole te help.

~*~

Tygervalley College is doing the musical production, ‘Little Shop of Horrors’, on 25 and 26 June at
7 pm. Normal tickets are R80. The R100 tickets include a handmade pottery model of "Audrey II". Phone Martie Engelbrecht at 082-448-1206.

~*~

Kungwini Welsynsorganisasie se Gholfdag is op 25 Julie van 10 vm tot laat by Pebble Rock gholfbaan, naby Roodeplaatdam. Die inskrywingsfooi vir ‘n vierbal is R2 600, wat allerhande persentjies, ‘n gholf-hemp, pet en aandete insluit. Kontak Beánca by 084-384-7110 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Andries Botha se opvoering, ‘Timeless’, is op 16 Julie om 6.30 nm by Downtown Restaurant in Shere. Om te bespreek, skakel 012-809-0573 of 082-570-0220 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Die sesde jaarlikse KragDag Ekspo is net om die draai. Die seminare oor alternatiewe energie en wat die oorskakelingsproses behels is op Donderdag 26 Junie. Die uitstalling is vanjaar oor twee dae: Vrydag 27 Junie en Saterdag 28 Junie by Diamantvallei Landgoed. Vooraf besprekings vir die seminare is noodsaaklik, en sluit ‘n middagete in teen R200 per persoon. Besoekers kan op die webwerf, www.kragdag.co.za, registreer om gratis toegang tot die KragDag Ekspo te kry. Skakel 087-231-1644 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir enige navrae.  

~*~

Saam met die berig verlede maand oor die moord op Charles Groenewald was dié foto’tjie van die ingang na wyle Charles se winkel. Regs op die foto kan die bordjie van ‘n veiligheidsonderneming gesien word. Die eienaar van dié onderneming het laat weet dat die Groenewalds nie klante van hom was nie. Hy meen die feit dat die bordjie op die foto is, kan dié indruk skep.

~*~

The third annual Rhino Knife Auction, a fundraiser for the Rhino Orphanage, will be held on 12 July at the Sammy Marks Museum on the old Bronkhorstspruit Road (R104). Well-known SA knife makers donated customised handmade knives, which will be auctioned off. Phone Retha Lyon at 082-855-3365 to secure your seat for bidding.

~*~

Ons hoor ‘n bekende en beminde inwoner van ‘Plotville’ het onlangs die kluts kwytgeraak met die kom en die gaan by ‘n gewilde kuierplek in die gebied. In die proses is genoemde inwoner by die ingang uit en is al vier bande van inwoner se motor deur die keerpenne by die plek se ingang afgeskryf. Dié penne is só ingestel dat jy wel by die uitgang kan ingaan, maar nie by die ingang kan uitgaan nie. Verwarrend vir selfs die soberste van besoekers.

~*~

The Final Basic Assessment Report for the proposed psychiatric wellness centre on portion 122, Zwavelpoort is available for review by registered interested and affected parties until 30 June. For more information contact Mazolo Dube from Interdesign Landscape Architects at 012-348-1922 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Almal se Mark@Pioniers is weer op Sondag 6 Julie met gaskunstenaar Etha. Die tema is ‘Junk Revival'.  Dié mark is elke eerste Sondag van die maand by die Pioniersmuseum in Keuningstraat, Silverton en bied oudhede, vars- en deli-produkte, kuns en handwerk. Toegang is gratis. Bel Rina by 071-110-6907.

~*~

Die Cullinanse verhoogkunstenaar, Willie Strauss, voer op Saterdag 28 Junie sy gewilde stuk, ‘Daar’s ‘n Engel in my Koskas’, op om geld vir die bekamping van renosterstroping in te samel. Die opvoering is om 8 nm in die Brooklyn teater. Vir meer inligting en besprekings bel Louis by 071-483-2873.

~*~

Daar is elke Saterdagoggend om 8 vm ‘n 2 km pretloop/hondestap by Mooiplaats Barn Yard op plot 102, Mooiplaats. Die honde moet aan ‘n leiband stap en ‘n ‘brunch’ daarná kan vooraf bespreek word. Bel Elize by 082-688-9505.

~*~

Angels with Hooves, ‘n welsynbeweging wat terapie met die hulp van perde doen, is op soek na vervoer vir kinderhuiskinders. Vier kinders moet elke Maandag by die tehuis in Queenswood opgelaai word en weer later daar afgelaai word. Geld vir brandstof sal verskaf word. ‘Angels’ is naby die Hazeldean koopsentrum. Kontak Neels Botha by 082-253-5712.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online