Hoekom die Bronnie? PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 23 June 2014 21:28
Untitled Document

Hoekom in die Bronnie adverteer?

Ons kan jou talle goeie redes gee, maar ons het besluit om net enkele uittreksels uit die terugvoer wat ons van adverteerders en lesers kry, die praatwerk te laat doen:

  • Ivor van Rensburg: “As die spreekbuis van die Bronberg-omgewing, is Die Bronberger beslis ’n moet in elke huishouding en besigheid.”
  • Layton Beard: “I have only advertised twice in your magazine (so far) and the response has been fantastic. You provide an incredible service to the community.”
  • Andre Moller:  “Ek het nie besef dat daar so baie goed aangaan in die Bronberg-gebied totdat ek Die Bronberger onlangs onder oë gehad het nie.”
  • Carl en Gertie Stofberg: “Wonderlik om in Die Bronberger te adverteer. Bronberg Omheinings gaan beslis nie weer ‘n maand oorslaan nie! Baie dankie vir so ‘n puik tydskrif; ons geniet dit elke keer.”
  • Anton Jansen: “Ek geniet Die Bronberger tydskrif baie, want dit is so eg, plat op die aarde, geen grootdoenerigheid nie, uit die hart uit.”
  • Bee Tree Farm: “Mag ons vorentoe nog steeds uitsien na Die Bronberger. Advies aan alle nuwe besigheidseienaars: adverteer gerus in dié glanstydskrif.”
  • Jo-Mey Dreyer: “Veels geluk, man. Dit is ’n ware fees. Die kwaliteit is uitnemend, die inhoud verslindbaar. Gaat so voort!”
  • Jan Theron: “Ek sal graag weer in die nuwe jaar advertensies wil plaas. Ek wil julle bedank vir alles wat julle doen vir die besighede in ons omgewing.”
  • Reinet Venter: “Daar is baie pitkos in die tydskrif en ek kan dit vir die kinders gee om te lees. Die Bronberger lê op ’n tafeltjie in die familiekamer en my kuiermense is net so beïndruk daarmee.”
  • Juanita Jamneck: “Die advertensies word ook op ‘n gereelde basis in my huis geraadpleeg – as ons enige iets soek of moet laat doen, gryp ons eerste die Bronnie!”
  • Barbara Corrine Bennett: “I love the nurseries and pubs that are advertised.”
  • Rob de Vos: “I want to complement you on The Bronberger; awesome, something different. Kindly send me your prices for your smallest ad to the largest one.”
  • Gillian Bettini: “I absolutely LOVE your publication. We in Pretoria and the east do not realise what a wealth of information is in The Bronberger and the articles on our history is fantastic!”
  • Joanne Theron: “Ek het nou twee baie goeie ervarings gehad, danksy twee advertensies in die Bronnie. Dit is die moeite werd om die Bronnie se adverteerders te ondersteun.”
  • Dirk Smith: “Die Bronberger het bewys dat hy toegewy is aan die plaaslike gemeenskap deur akkurate, smaakvolle en relevante joernalistiek.”
 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online