Bekende ondernemings stort rommel onwettig PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 June 2014 22:58
Untitled Document

Bekende ondernemings in Cullinan maak hulle skuldig aan onwettige rommelstorting.

So sê raadslid Danie Erasmus. Hy sê dat een van die ondernemings op ‘n gereelde basis rommel in Zonderwaterweg-Oos stort. Dit is 4,5 km van die oortreder se fabriek tot waar die rommel gestort word. Van die oortreder se fabriek tot by die Nokeng stortingsterrein is 4,2 km.  


Rommelstorting in Zonderwaterweg-Oos

“Hoekom sal die oortreder vullis byna aan die einde van Zonderwaterweg-Oos stort terwyl dit 300 meter korter na die stortingsterrein is,” vra Danie.

Hy kla ook oor die jarelange storting van bourommel, hout, struike en vark beddegoed wat Zonderwaterweg-Oos se stormwatersloot blokkeer sodat stormwater in die teervlak loop en die pad ernstig beskadig het.

Mense maak walle oor die pad en vul gate met stowwerige sand. “Hulle het goeie bedoelings, maar as daar enige skade aan voertuie sou wees, kan eise teen so ‘n persoon ingestel word. Sou iemand doodgaan, is dit ‘n kriminele oortreding van strafbare manslag of moord.”


Rommelstorting in Zonderwaterweg-Oos

Danie wil ook weet hoekom die Tshwane departement van paaie en stormwater die volle omvang van Zonderwaterweg-Oos twee jaar gelede geskraap het, maar dit vanjaar net tot by die hoofhek van die eierplaas skraap.

Met die geringste reënbui is Lewzene se strate in ‘n rooi modderpoel omskep. Daar is geen diens van die streeksowerheid in Rayton om voertuie uit die modder te trek nie.

Danie bedank inwoners, veral Louis Breytenbach en Daan Pretorius, wat dag en nag met hulle trekkers gereedstaan om vasgevaldes uit die modder te trek.

Vir meer inligting oor Danie se pad-petisie, kontak hom by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger