R20 miljoen se steroïede in motorhuis gekry PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 June 2014 22:57
Untitled Document

Sowat R20 miljoen rand se onwettige steroïede is in ’n motorhuis by Aanipad-veiligheidskompleks in die Silver Lakes-omgewing gevind.

Die Boschkop-polisie het op 28 Mei op die steroïede afgekom nadat die kompleks se veiligheidswagte hulle laat weet het daar kom ‘n vreemde reuk uit een van die motorhuise.

Die polisie se forensiese eenheid het op die middels beslag gelê om dit te ondersoek. Twee verdagtes, 21 en 30 jaar oud, is aangekeer. Een van hulle is glo van Egipte. Daar word vermoed dat hulle deel is van ‘n groter dwelmsindikaat met internasionale netwerke.

Kaptein Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, die SAPD se Direktoraat Prioriteit-Misdaad, het gesê dit was die eerste klopjag van dié aard.

 

© 2019 Die/The Bronberger