Brandkraan mors al vier maande PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 June 2014 22:56
Untitled Document

Inwoners van Rietvlei View Landelike Landgoed is raadop met ‘n munisipale brandkraan wat al vier maande lank lek. Munisipale prosedure is dat so ‘n kraan binne twee tot drie werksdae herstel moet word.

Die lekkende kraan op plot 945, Aldostraat is oor maande verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld. Annelie Büchler, voorsitter van die Rietvlei View Huiseienaarsvereniging sê dat sy aanvanklik ‘n munisipale fout-verwysingsnommer ontvang het. Toe sy weer opvolg, het die verwysingsnommer glo nie meer bestaan nie.


Die lekkende brandkraan

Annelie sê dat sy sedert Mei elke twee dae opvolg. “Elke keer as ek hulle skakel, met groot moeite (somtyds hou ek tot so lank as 20 minute aan en dan sit ‘n person die foon in my oor neer), word daar aan my gerapporteer dat hulle die fout eskaleer en dat die loodgieters nie daarby uitgekom het nie.”

‘n Mens kan maar net raai hoeveel die vermorsing van dié kosbare water belastingbetalers uit die sak uit jaag.

 

© 2019 Die/The Bronberger