Shere-egpaar wreed gemartel PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 June 2014 22:54
Untitled Document

Die 81-jarige Jemima Lemmer van Shere is dood ná sy en haar man, die 84-jarige Richard, wreed gemartel is. Vier aanvallers het omstreeks 2 vm op Vrydag 13 Junie by hulle huis op hoewe 101, Shere, ingebreek.

Toegang tot dié hoewe, agter Laerskool Tygerpoort, is vanaf die Bronbergrif verkry. Die Lemmers se seun, Jan, woon 300 m van sy ouers se huis af. Richard, wat met ‘n hamer in die gesig geslaan is, was vasgebind, maar het hom losgewikkel om hulp by sy seun te gaan soek.


Richard en Jemima Lemmer

Jemima is met ‘n strykyster in haar gesig gebrand en is op die toneel dood, vermoedelik aan ‘n hartaanval weens skok. Slegs twee selfone en ‘n aktetas is gesteel.

Die Lemmers het sedert 1967 op dié plot gewoon en het drie kinders waarvan die oudste oorlede is. Hulle het self ‘n groentetuin onderhou en vir mense in die gemeenskap beskuit gebak.

Teen saktyd was Richard Lemmer in ’n bestendige toestand in die Wilgers-hospitaal. Niemand was teen druktyd in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger