Skaakspelertjie het jou hulp nodig PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 23 June 2014 20:45
Untitled Document

Michelle Odendaal van Faerie Glen skryf:
Ek wil graag Die Bronberger bedank vir die mooi artikel en foto's wat julle geplaas het oor my twee skaakspelertjies in Laerskool Tygerpoort.

Ons het van CHESS SA verneem dat my jongste, Mikhal Odendaal, vir die wêreldkampioenskappe in September in Durban gekwalifiseer het. Ons is voorwaar trots op die outjie!

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die wêreldkampioenskappe in Suid-Afrika aangebied word, en ek glo nie ons sal in ons leeftyd weer so iets hier aanskou nie. Dit is 'n ongelooflike eer en voorreg om daar teen die bestes in die wêreld te kan meeding.

Die toernooi is 11 dae lank, en dit sal Mikhal omtrent R40 000 uit die sak jaag om dit by te woon. Ons sal dit ongelukkig nie kan bybring sonder die gemeenskap se hulp nie. Indien jy wil help om die outjie se drome waar te maak, skakel my asseblief by 082-468-1505.

 

© 2019 Die/The Bronberger