Kos was lou PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 17 September 2008 17:55
Untitled Document

Ute Rhodes van Tiegerpoort skryf:

Ek will net sê dat ek baie teleurgesteld is in Vreethans. Nadat ek sy artikel oor Ndlovu Lodge gelees het, het ek dadelik ’n tafel daar bespreek. Ek moes net die wildpotjie proe.

Dit was geheel en al ’n teleurstelling. Daar was baie sous met dalk vyf stukkies vleis, wat boonop nog taai was, en dan nog so paar stukkies groente.

Ons moes eers die voorgereg terug stuur omdat dit net louwarm was en dan die groente en rys en laastens moes ons ook nog die potjie terug stuur. Alles was net louwarm. Die wyn en die atmosfeer was die een ding wat lekker was.

Hopelik het ons hulle maar net op ’n slegte dag gevang. Ek hoop dat hierdie brief vir Ndlovu Lodge sal help om te verbeter, want dit sou jammer wees as hulle dalk weer die restaurant moet sluit.

Peter Harris, eienaar van Ndlovu Lodge antwoord:

Ute, ek staan in ontvangs van jou brief aangaande jul ete by Ndlovu Lodge. Nodeloos om te sê is dit vir my ’n teleurstelling en verleentheid om so ’n brief te ontvang

Ons het gedurende die eerste drie weke van Augustus bykans 900 paar voete deur die lodge gehad en net positiewe terugvoer gekry.

Ek glo wat met julle gebeur het is ’n uitsondering en ek waardeer die inset van julle kant af wat ek as positiewe kritiek beskou.

Dit verskaf aan my die geleentheid om foute wat wel bestaan met werklike gebeure aan my personeel uit te wys en sodoende die diens te verbeter.

Besoek ons weer sodat ons die geval kan regstel.

 

© 2019 Die/The Bronberger