Zwavelpoorters steek hand in eie sak PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 22 May 2014 23:44
Untitled Document

‘n Paar Zwavelpoorters het die hand in eie sak gesteek om slaggate in die Zwavelpoort teerpad reg te maak. Hulle vra dat ander padgebruikers bydra om die res van die gate te herstel voor dit 'n groter probleem word of iemand ernstig beseer word.

Marthinus Strydom van Sleepy Creek, plot 126, Zwavelpoort het die grootste probleem in die drif suid van Generaal Maraisweg teen 'n koste van R9 000 laat regmaak.

MJ de Kock van plot 150, Zwavelpoort het aan die pad aan die noordekant van die Bronberg asook Generaal Maraisweg gewerk.


Inwoners maak die Zwavelpoort-teerpad self reg

Petro Anderson het dié twee aan mekaar voorgestel en gesê dat ‘n padkomitee gestig moet word. Sy sê dat daar nou voorstelle is dat fondsinsamelings vir ‘n paar Saterdae gehou word.

Marthinus het ‘n kwotasie van R5 000 gekry vir ander slaggate wat reggemaak moet word.

Vir meer inligting kontak Marthinus by 082-462-1062 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of vir Petro by
083-604-0074 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger