Storting in watersloot vernietig pad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 22 May 2014 21:43
Untitled Document

Die storting van bourommel en tuinafval in Zonderwaterweg-Oos se stormwatersloot het inwoners die josie in. Dié pad se beginpunt is slegs 2 km vanaf Cullinan se munisipale stortingsterrein.

Raadslid Danie Erasmus sê dat rommel gereeld voor sy hek in die stormwatersloot gestort word. Dié sloot het nou versadigingspunt bereik en die water vloei in die teerpad, wat bykans tot niet is, af en verhaas verdere verbrokkeling.


Storting van bourommel en tuinafval het gemaak dat dié stormwatersloot versadigingspunt bereik het

“Die stroom water kom al die pad tot op my werf. ‘n Ruk gelede was dit so erg dat die trekker op ’n gereedheidsgrondslag was om voertuie deur die modder te kry. As die stormwater verby vloei sal my werf nie onbegaanbaar wees nie,” sê Danie.

Die Departement Openbare Werke het Zonderwaterweg-Oos in 1940 gemaak om toegang tot die Italiaanse Krygsgevangene-kampe te verleen.

Die grens tussen Zonderwater en Lewzene Estates is aan die noordekant van Zonderwaterweg-Oos.


So lyk Zonderwaterweg-Oos ná ‘n reënbui

Daardie jare was daar geen toegang vir Lewzene Estates se inwoners uit dié pad nie en die pad is nooit as ’n munisipale pad oorgeneem nie.

Danie sê dat hy ’n petisie opgestel het om die Tshwane Metroraad te versoek om die pad by die Departement Openbare Werke oor te neem en dan op die vyf jaar beplanningsraamwerk te plaas om te teer. Die teerwerk sal Phillip-, Catherine-, Lewzene-en Jacksonstrate insluit.

Enige persone wat so ‘n petisie sal wil onderteken kan vir Danie e-pos by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger