Bashewa-motorhawe gereed met verslag PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 22 May 2014 21:42
Untitled Document

Die finale basiese ramingsverslag oor Bashewa se beplande motorhawe op plot 151 is van 24 April tot 19 Mei aan geregistreerde belanghebbende partye beskikbaar gestel.

In Junie 2013 het ons berig dat die publiek uitgenooi is om kommentaar lewer op die konsep basiese beramingsverslag vir die voorgestelde motorhawe wat ‘n klein werkswinkel, ‘n winkel vir gebak of ‘n restaurant vir wegneemetes en ‘n outomatiese banktellermasjien insluit.

Plot 151 is aan die suidekant van Garstfonteinweg-verlenging (K50), reg oorkant die Bashewa Koopsentrum. Interdesign Landscape Architects (ILA) is deur die Van der Merwe Familie-trust aangestel om as onafhanklike omgewingskonsultante op te tree in die projek.


Die perseel van die nuwe vulstasie met die Bashewa-koopsentrum in die agtergrond
Foto: Interdesign

Geregistreerde belanghebbende partye wat op verlede jaar se verslag kommentaar gelewer het, se aanmerkings is in die finale basiese ramingsverslag wat aan die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling voorgelê gaan word, opgeneem.

Die verslag sluit onder andere die volgende in: watergebruiklisensie en dienstebriewe van munisipaliteite; ‘n gedenkwaardigheids-impakverslag deur dr J van Schalkwyk; verkeerstudies deur Corli Havenga Vervoer Ingenieurs; ‘n diensteverslag deur Makarios Konsultante; en geotegniese en ‘n hidro-geologiese studie deur AMB Ingenieur-geoloë.

Vir meer inligting, kontak Lindokuhle Magagula van ILA by tel: 012-348-1922 , faks: 012-348-7154 of e-pos: \n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger