Brand laat gesin haweloos PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 22 May 2014 23:27
Untitled Document

‘n Bronbergse gesin is vroeër dié maand haweloos gelaat toe hulle huurhuis op ‘n hoewe in Boschkop deur ‘n brand in puin gelê is.


Die huis in ligte laaie
Foto: Pieter du Preez

Robin en Liezl Dawson en hulle kinders, Cathleen (13), en James (7), het al hulle besittings in die verwoestende brand verloor en is deur die gemeenskap bygestaan om ‘n heenkome en die nodigste lewensmiddele te kry.

Een van die Dawsons se drie hondjies is doodgebrand en nog een het brandwonde opgedoen. Dit blyk of die brand moontlik deur ‘n kaggelvuur begin is.


Niks het van die gesin se besittings oorgebly nie
Foto: Pieter du Preez

Die gesin word tydelik in ‘n huis in Brooklyn gehuisves, maar het teenoor vriende die wens uitgespreek om so gou moontlik terug te keer na Boschkop of Zwavelpoort.

Mense wat wil help met die aksie om die Dawsons weer op die been te kry, kan Nick Woodrow by 082-924-4259, of Willem en Marianne Aucamp by 083-321-9306 bel.


Die oggend ná die brand.
Foto: Willem & Marianne Aucamp

 

© 2019 Die/The Bronberger