Shere se vreemde optog PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 17 September 2008 17:46
Untitled Document

Anoniem van die Bronberg skryf:

’n Wel bekende dokter en varingkenner van Shere moes ingaan vir ’n heup vervanging en moes drie weke in die bed wees. Wel, die dokter het besluit dis nie vir hom nie. ’n Mens moet mos na jou belange omsien.

Dus was dit ’n eienaardige gedoente om die prosessie een oggend te gewaar langs Lynnwoodweg - een bedlêende dokter op ’n hospitaalbed wat deur ’n vierwiel motorfiets tussen besighede gesleep word met ’n hele aantog wat sorg dat die bed reguit bly met die heen en weertjie.

Na my lagbui bedaar het, het ek gedink aan die gesegde: ’n boer maak ’n plan. Nou weet ek nie meer so mooi nie. Lyk vir my dis eerder ’n dokter maak ’n plan.

 

© 2019 Die/The Bronberger