Rayton en Cullinan se water is drinkbaar PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 23 April 2014 00:09
Untitled Document

Rayton en Cullinan se drinkwater voldoen aan nasionale standaarde.

Verlede maand het ons berig dat AfriForum se Rayton/Cullinan-tak op 26 Februarie monsters van drink- en rioolwater geneem het. Rayton-rioolaanleg se uitloop is gebruik vir die groendruppel (behandelde rioolwater) toetsing en die Laerskool Rayton en Cullinan-polisiestasie vir die bloudruppel (drinkwater) toetsing.


Karen Yssel en AO Masondo by Laerskool Rayton met die watertoetsing
Foto’s: AfriForum

Die watermonsters is deur onafhanklike SANAS-geakkrediteerde laboratoriums getoets. Die volledige uitslae oor die watertoetsing is op 17 Maart bekend gemaak. Rayton-rioolaanleg se water en Rayton en Cullinan se drinkwater was op standaard.

Die bloudruppel-uitslae het 11 munisipaliteite uitgewys waar drinkwater nie aan nasionale standaarde voldoen nie. Die groendruppel-uitslae het gewys dat 33 watersuiweringsaanlegte nie aan die minimum standaarde vir rioolwater voldoen nie. Suid-Afrika se nasionale standaarde vir watergehalte maak voorsiening vir 1 000 eenhede van E. coli per 100 ml water in behandelde riool.

 

© 2019 Die/The Bronberger