Gemeenskap protesteer by Cullinan-polisiestasie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 23 April 2014 00:06
Untitled Document

Die Cullinan-Rayton gemeenskap het ‘n protesoptog by die Cullinan-polisiestasie gehou nadat plaasaanvalle skerp in dié gebied toegeneem het. Die protes-aksie op menseregte-dag, 21 Maart, is saam met die burgerregte groep, AfriForum, gehou.


Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, lees die memorandum by die protesoptog voor
Foto: Karen Ysel

Ian Cameron oorhandig die memorandum om geteken te word
.
.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het ‘n memorandum, wat daarop aandring dat ‘n taakspan aangestel moet word om die aanvalle te ondersoek, aan die polisie oorhandig.
Ian het gesê dat ‘n gebrek aan leierskap in polisiestasies doeltreffende polisiëring beïnvloed. Hy het gesê dat hulpbronne by dié stasie, waar meer as 30 polisielede die afgelope jaar weg is sonder om vervang te word, nodig is.


Karen Yssel, voorsitter
van die Cullinanse Gemeenskapspolisiëringsforum


Ian Cameron voor die ‘Ons rou’ banier
.


Henri Combrink van die Transvaalse Landbou-Unie
.

Volgens Ian gaan die verlies aan mannekrag gepaard met ‘n gebrek aan voertuie vir landelike beveiliging. Mense by die protes-optog het aangedring dat bevoegde personeellede met bestuurslisensies en toepaslike opleiding, aangestel moet word.

 

© 2019 Die/The Bronberger