Bronberger is soos skilpad PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 17 September 2008 17:35
Untitled Document

Gert Vorster van The Small Five skryf:

Baie geluk met nog ’n jaar. Kan nie glo nie, want dit was net ’n paar maande gelede Die Bronberger se vyfde herdenking. Julle het sommer ’n groot sprong gespring hierdie jaar.

Ek leer baie by die diere en een dier wat werklik deursettingsvermoë het, is die skilpad. Hy gee net eenvoudig nie moed op nie. Om eiers te lê (dit is nou by die ‘sy’ en nie die ‘hy’ nie), is omtrent ’n heeldag se storie. Ook wanneer hy oor’n hindernis wil kom. Hy hou net aan en aan totdat hy dit regkry. Ek kry die indruk dat daar ook iets van die skilpad by julle is.

Ek hoor oor die radio dat ’n mens vyf ‘Gs’ moet hê om die sesde een ‘Geluk’, te hê. Die vyf is: Geloof - ook geloof in jouself; gesin; geld; geleerdheid; en gesondheid.

Wanneer jy dit het, het jy geluk. Toe wonder ek by myself, wat van‘gee’? Dit voel vir my daar moet ook ’n plekkie wees om te kan gee. Maar daar is vir my ’n ander ‘G’ wat net so belangrik is, indien nie dalk die belangrikste nie. Ek moes dit egter in Engels gaan steel het, en dit is ‘gratitude’.

En daarmee volstaan ek om dankie te sê vir julle vir nog ’n jaar. Moet nooit die eienskap van die skilpad verloor nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger