News -
Artikels
|
Monday, 18 August 2008 02:00 |
Untitled Document
Die Bronberg-gebied het lelik
onder veldbrande deurgeloop
in ’n brandseisoen wat
nog lank nie verby is nie. Dié
foto’s is bo van die Bronbergrif af
geneem en wys Zwavelpoort suid
van die berg as ’n
laslappie-patroon
van afgebrande
stukke veld.
Dié brand was wes van die Laerskool Presda in Zwavelpoort. |
’n Afgebrande stuk veld
langs Saintstraat,
Zwavelpoort |
 |
Dié brand, wat oor ’n aantal
plotte versprei het, is op die
grens van Zwavelpoort en
Tierpoort. The Hills se heining
kan agter die brandstrook
gesien word. |
Dié afgebrand stuk veld is op
die hoek van Atterburywegverlenging
en Saalstraat. Dit
is ie tuiste van ’n troppie
springbokke wat met wildheining
vasgekeer is. |
 |

Plakkers wat onder die bome woon, het
help blus aan die twee brande wat so twee
weke uit mekaar uit dié stuk veld verorber
het. Mooikloof is in die agtergrond. Die nuwe Katolieke kerk in Atterburyweg-verlenging
is die groot gebou in die middel en
die Metodiste-kerk kan regs by die groep
bome gesien word.
|
|