In hierdie donker tye van wankelende kragvoorsiening is ’n
bekostigbare, praktiese sonverhitte warmwaterstelsels in jou
huis dalk net die antwoord. Hier wys Hendrik ver Loren van
Themaat van Zwavelpoort se bekende druiweplaas jou presies
hoe om self so ’n stelsel uit leë koeldrankbottels te maak.
Hendrik is, ironies genoeg, ’n elektroniese ingenieur.
Sonverhitte water hoef nie veel
te kos nie. ’n Paar twee-liter
koeldrankbottels en pypies en
siedaar - sonverhitte water.
Die beginsel berus daarop dat die
koeldrankbottels deurskynend is en
ontwerp is om redelike druk te
weerstaan. Die son skyn deur die
plastiek op die water in die bottels
wat dan verhit word. Dit werk op
dieselfde beginsels as aardverwarming
- die energieverlies deur
die uitstraling van die warm water
is minder as die energie wins vanaf
die son.
Daar is heelwat verbeterings op
die basiese ontwerp moontlik om
die verhitting selfs meer effektief te
maak.
Nodig
Die basiese benodigdhede is die
volgende:
1. Twee-liter helder koeldrankbottels
- vanaf agt tot 64 (agt per
bottel-stel).
2. Knipmes met ’n els of ’n boor
(om gate te maak).
3. Besproeiingspypies (6 mm
diameter) – 60 mm per bottel
plus ongeveer vier meter
(tussen 0,6 en 5 meter in
totaal).
4. Besproeiingsproppies (sien
foto) – twee per bottel-stel
(tussen twee en 16).
5. PVC waterpyp (tipies 12 mm;
3 of 6 Bar) - twee keer die afstand
vanaf dak na krane.
6. Waterkrane (12 mm met pvp
koppelinge) – een of twee.
7. Eenrigting klep (12 mm met
koppelinge) – Opsioneel.
8. Silikon verseëlaar - soos nodig.
9. Kleefband - soos nodig.
10. End stoppers vir die waterpyp
of ’n klein stukkie 40/50 mm
PVC pyp sodat die 12 mm pyp
omgebuig en gevang kan word
vir ’n endstop.
Die besproeiingspypies en -proppies
is by enige kwekery of tuinwinkel
beskikbaar en het ’n binneomtrek
van ongeveer 5 mm.
Ses sulke pypies in parallel is ongeveer
ekwivalent aan ’n 12 mm
omtrek pyp, maar met ’n hoër
vloeiweerstand sodat ons verkieslik
agt bottel-stelle sal gebruik.
|
|
Maak twee
gaatjies in die
koeldrankprop,
effens kleiner
in omtrek as
die besproeiingspypie
se
omtrek. |
Druk ’n gesnyde
besproeiingspypie
deur elke
volgende prop se
gaatjie sodat ’n
reeks van agt
proppe aan
mekaar geheg
word. |
Voorberei
Berei eers die plek waar die sonverhitter
gaan lê voor. ’n Sinkdak is
uitstekend. ’n Area van ongeveer
1 m by 3,6 m sal 64 bottels dra
(ongeveer 1 m x 450 mm per ry
van agt bottels).
Die toevoer waterpyp moet via ’n
kraan vanaf die waterbron gebring
word tot bo-op die dak en moet
dan aan die onderkant van die
plek waar die bottels gaan lê, geïnstalleer
word.
Die punt moet afgeseël word. Die
pyp dikte moet voldoende wees
om die waterdruk te kan hanteer.’n Besproeiingsproppie moet in die
pyp geïnstalleer word, ongeveer
elke 450 mm vanaf die punt.
Installeer die warmwaterpyp op
dieselfde manier ongeveer 1,2 m
bokant die onderste pyp op die
dak en dan na die warmwateruitlaat.
’n Eenrigting klep en/of kraan
hier sal goed wees.
Sorteer die bottels in groepe van
agt. Elke groep van agt bottels
word ’n “bottel-stel”. Maak die bottels
skoon en verwyder enige
etikette.
Sny vir elke bottel-stel nege pypies
van 60 mm.

Gebruik deurskynende kleefband om die
bottels voorlopig in posisie te hou

Die toevoerkant is die lang besproeiingspypie (tot diep in elke bottel) en die afvoerpypie is die kort besproeiingspypie
|
Só werk ’n koeldrankbottel warmwaterstelsel |
Prop
Die opskroef-prop van elke bottel
word as volg voorberei: Maak
twee gaatjies in die koeldrank
prop, effens kleiner in omtrek as
die besproeiingspypie se omtrek.
Druk ’n gesnyde besproeiingspypie
deur elke volgende prop se gaatjie
sodat ’n reeks van agt proppe aan
mekaar geheg word. Die een punt
moet slegs ongeveer 2-3 cm deur
die prop gedruk word en die ander
so lank soos die lengte van die
bottel.
Seël die pypie-deurgang aan die
binnekant van die prop met silicon,
maar nie so diep dat dit die
skroefdraad hinder nie.
Skroef die proppe op die
bottels wanneer die silicon
droog is, sodat ’n reeks van
agt bottels aan mekaar
geheg is.
Verkieslik moet die silicon
teen die botteltuit druk om’n goeie seel te maak.
Gebruik deurskynende
kleefband om die bottels
voorlopig in posisie te hou.
As die bottels vol water is
hou die gewig hulle in plek.
Pyp
Daar moet nou twee los
pyp-punte wees. Druk ’n
besproeiingsprop in elk van
die punte. Die besproeiingsproppe
kan nou in die
toevoer en afvoer waterpype
ingedruk word. Wees
versigtig om die installasiegaatjie
nie te groot te maak
sodat dit lek nie.
Let op dat die toevoerkant
die lang besproeiingspypie
is (tot diep in elke bottel)
en die afvoerpypie die kort
besproeiingspypie is.
Die stelsel is nou gereed vir
gebruik en warm water sal
selfs op ’n bewolkte dag
beskikbaar wees. Die beste
gebruik is om die toevoerkraan
oop te draai vir
warm water sodat as ’n lek
ontstaan daar nie druk op
die stelsel is nie.
Die ultraviolet sal algaande die bottels
vernietig en dus moet die bottels
vervang word wanneer die
plastiek minder deurskynend word.
Tog, soos op enige ashoop gesien
kan word, hou die bottels lank.
.. 
Die besproeiingsproppe
kan nou in die toevoer en afvoer waterpype ingedruk word.
Effektief
Die stelsel is redelik effektief aangesien
die lug bo die watervlak ’n
effektiewe isolator is. Die sonafbraak
van die bottels word vertraag
deurdat die bottels se hitte
beperk word deur die water en
waterdamp.
‘n Bottel-stelsel van 64 bottels sal
ongeveer 80 liter water hou. ’n
Voordeel is dat bottels maklik
skoongemaak of vervang kan word
deur hulle net uit te skroef (met
die krane toe).
Die stelsel se hitte retensie kan
verhoog word deur die bottels op’n isolator te plaas soos hout, of
selfs verpakkingsplastiek of
gefrommelde papier. Die effektiwiteit
kan verder verhoog word
deur die een kant van die bottel
swart te maak (verf of plastiek
plak). Sorg net dat die swart kant
onder lê.
Selfs al begin ’n mens met 64
vol koeldrank bottels is die koste
nog onder R700 en dan is die
oorvloed koeldrank natuurlik ’n
bonus.
Meer bottels in ’n bottel-stel gee
warmer water, maar verhoog die
vloeiweerstand. |