Vloedskade in Zwavelpoort Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 27 February 2014 23:33
Untitled Document

In die vroeë oggendure van Sondag 9 Februarie het Zwavelpoort reënbui van 48 mm gekry, wat verwoesting gesaai het. Die vinnige reën het ‘n damwal in die Zwavelpoortspruit laat breek en bure laer af teen die spruit het groot skade deur dié vloedgolf gekry. Hendrik ver Loren van Themaat sê dat die vloed ongeveer 60 meter van sy heining weggevat het en dik hekpale gebuig en uitgeruk het. Dit het ook veroorsaak dat die openingsdatum van ‘n nuwe piekniekplek by Hendrik se mooi dammetjie op die druiweplaas, nou later as wat beplan is, sal wees.

 

© 2020 Die/The Bronberger