Bielie van ?'n bloue by diamantmyn gevind PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 27 February 2014 23:20
Untitled Document

‘n Rare blou diamant van 29,6-karaat is in Januarie in die Cullinan-diamantmyn gevind.

Blou diamante kom selde op die mark omdat dit deur beroemdes en koninklikes opgeraap word.

Petra-diamantmaatskappy besit die myn sedert 2008. Hulle het in April 2013 'n blou diamant van
25.5-karaat vir R184 miljoen verkoop, wat bykans R7.2 miljoen per karaat is. Dit is die hoogste prys wat nog in die maatskappy se geskiedenis per karaat vir 'n diamant betaal is.


Die knewel van ‘n blou diamant wat in die Cullinan-myn gevind is
Foto: Petra Diamonds

Petra se hoof uitvoerende beampte, Johan Dippenaar, het gesê dat die nuwe diamant voriges se waarde kan oortref. As ‘n gepoleerde steen kan dié knewel uiters waardevol en in 'n klas van sy eie wees.

Die wêreld se grootste diamant, genaamd die Cullinan, is in 1905 by Cullinan-myn uitgehaal. Dié steen van 3 106 karaat is in twee groot stukke gesny wat deel is van die Britse kroonjuwele.

 

© 2019 Die/The Bronberger