Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2014 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 27 February 2014 21:16
Untitled Document

Oor die storie dat Bashewa by Ekurhuleni ingelyf gaan word, sê Dirk Postma: “Ek trek lyk my van Kungwini na Tshwane na Ekurhuleni sonder om ‘n vinger te verroer – al aspek is die belasting.”

xxx

Op Sondag 25 Januarie was daar twee ongelukke in Lynnwoodweg-verlenging waar fietsryers by betrokke was. ‘n Man is dood in ‘n botsing waar die Boschkoppad by Lynnwoodweg-verlenging aansluit en ‘n fietsryer het sy sleutelbeen gebreek in ‘n voorval naby die CVO-skool.

xxx

Ons hoor ‘n spookvrou in ‘n lang bruin toga het mense in Tierpoort en Bashewa behoorlik op hol. Die vrou maak glo haar verskyning in die ná-middernagtelike ure in mense se kombuise, waar sy haar besig hou met alledaagse takies en dan verdwyn sy weer soos die spreekwoordelike mis voor die son. Gelukkig, sê een inwoner van ‘Plotville’, is die vrou-in-bruin nogal vriendelik.

xxx

Interested in a dog walk with Mr South Africa? Then join the Era Real Estate Walk with or without your dog at Hedianga Farm on 16 March. Follow the pointer boards from the corner of Hans Strijdom Drive (Solomon Mahlangu) and Atterbury Road to 85 Achilles Road, Olympus. The cost is R20 per person and R10 per dog. Participants can register from 7 am to 9 am. There will be a lucky draw at 10 am. The proceeds will be donated to the SPCA. For more information contact Maryke at 082-770-4403 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Daar het ‘n verwarring met vanne ingetree by ons Januarie-berig oor die Sorgsentrum se vroue wat ander inspireer. Anita se van is Robertson en Heleen se van is Rossouw. Dit is ook Anita Robertson wat die lesersbrief, ‘Ons mense’, geskryf het.

xxx

According to the Bronberg Weather Station in Bashewa, a meteor storm, which goes by the name of eta Virginids, will peak in the eastern skies at 22:48 on Friday 14 March.

xxx

Ons hoor dat die grassny-trekkertjie waarmee Kitty Hawk Luglandgoed se Nico Breytenbach rondry, onlangs gesteel is.

xxx

Toby, die Metusalem van perde, leef nog en is nou 43 jaar oud. In Maart 2012 het ons berig dat Tobie en sy eienares, Debbie Erleigh van Boschkop, ‘n baie spesiale band het. “Toby is ‘n ‘Duracell’ perd,” sê Debbie. “Hy gaan net aan en aan.” Toby is nog gesond en kry spesiale kos, want hy het groot probleme met sy tande. Hy het aan die regterkant boonste tande, maar niks onder nie en aan die linkerkant onderste tande, maar niks bo nie.

xxx

Did you hear that the house that had been standing empty at the corner of Hotel and Main Roads in Cullinan is getting new tenants? The house with the deck opposite the Post Office will soon become a privately run info and central reservation centre. Riaan Jacobs from Rockstar4000, organisers of the huge Tribe One festival planned for September, will also have an office in the house. Rockstar4000 memorabilia will be available at this venue and an upliftment and recruitment centre will be housed here. Roland Rohrs and Norbert Schling from Studio 14 will also be involved. Norbert’s art students’ work will be for sale and the deck area will feature sculptures as well as a tea garden.

xxx

Cullinan Conservancy presents a workshop on bats on Saturday 8 March from 9.30 am at the aHa! Conference Centre, Casa-lee. RSVP on or before 5 March at Joan du Toit: 082-681-5122. Entrance is R100 for adults and R50 for children and includes refreshments.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online