Museum tot niet Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 27 February 2014 23:12
Untitled Document

Veronica Nieuwoudt van Pretoria skryf:
Op Sondag 19 Januarie het ons die Volksmoord Museum by die Balmoral konsentrasiekampkerkhof gaan besoek. Ek is tot in my siel geskok. Die plek lyk gehawend. Die museum is verniel, die grafte is toegegroei en al die geskiedenis in die museum is verwaarloos.

Is daar enigiets wat gedoen kan word om die situasie te red? Die foto’s en geskiedkundige aandenkings wat nog in die museum oor is, lê oral rond. Enige iemand kan daar instap en goed vat en die plek lyk verwoes.

Red asseblief wat nog te redde is. Ek is seker u sal dieselfde passie hê as ons en ek hoop van harte dat u kan help om die geskiedenis vir ons nageslag te bewaar.

 

© 2024 Die/The Bronberger