Dinge om te doen PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 27 January 2014 20:31
Untitled Document

Ons hier by die Bronnie is erg opgewonde oor ons sewende Dinge-om-te-doen-uitgawe in Februarie.

Ons sien saam met derduisende lesers uit na dié hoogtepunt in Die Bronberger en sy lesers se jaar.
Sedert die eerste ‘Dinge om te doen’ sewe jaar gelede as diens aan lesers en adverteerders saamgestel is, het dit telkens elke jaar gegroei in gewildheid en in omvang.

Die idee is destyds gebore uit die magdom navrae wat die Bronnie daagliks gekry het van mense wat wou weet waar hulle in ons gebied kon gaan kuier, uiteet, oornag, perdry, visvang, wildkyk, kuns geniet, stokperdjies beoefen, wandel, piekniek hou en dies meer.

‘Dinge om te doen’ is in 2008 die eerste keer as tema-artikel gedoen om as gids te dien van alles en nog wat waarmee mense hulle in die Bronberg-gebied kan besig hou. Dit was van meet af aan ’n reuse-sukses onder ons lesers.

Terselfdertyd dien dit as bonus-blootstelling aan ons adverteerders, wat moeilik elders oortref sal kan word.

Ons adverteerders wat by die tema inpas word gratis in die gids opgeneem. As deel van die tema-artikel kry hulle waardevolle, langdurige blootstelling.

Lesers raadpleeg dié uitgawe van Die Bronberger jaardeur op ’n gereelde basis. Ook adverteerders wat nie noodwendig deel vorm van ‘Dinge om te doen’ nie, vind baie baat daarby, omdat dié betrokke tydskrif ’n uitsonderlike lang raklewe het, en gereeld oopgemaak word.

Op ons webwerf, wat nou al bykans een miljoen besoekers gelok het, wys die trefslae dat die
Dinge-om-te-doen-artikels by verre die heel gewildste item is.

Maak baie seker dat jy en jou onderneming baat vind by die bonusblootstelling wat ons
Dinge-om-te-doen-uitgawe bied en bespreek nou jou advertensie. Dis die slim ding om te doen.

Om te adverteer en gratis deel te word van die Bronnie se gewildste tema-artikel, bel Tania by
072-089-0227, of stuur ’n e-pos aan  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel ons by 012-734-0522
of 082-377-6807, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online