Al ooit gesien hoe ’n glinsterende
suikerbekkie ’n dowwe
winterveld kan laat sprankel?
As alles stofbruin en vaal is,
skitter suikerbekkies in ’n kaleidoskopiese
vertoning in die son.
Een van die Bronberg se algemeenste
suikerbekkies is die Maricosuikerbekkie,
Nectarinia mariquensis,
met sy metaalagtige bors-, rug- en
ondersyvere.Sy groen kop en rug, pers-rooi
borsband en swart pens is kenmerkend.
Wyfies is vaal met ’n liggeel
onderkant en het donkergestreepte
bruin voorkante en vaalbruin rûe.
Só skitter die Maricosuikerbekkie in die son
Foto: Johan Snyman UCT Avian Demography Unit
Dié voëltjies is 14 cm
lank en weeg ongeveer
11 gram. Hulle
word gereeld in
swerms saam met
ander suikerbekkies
gesien. Die Maricosuikerbekkie
kan van
die baie soortgelyke
purperbandsuikerbekkie
onderskei
word omdat hul
groter is, ’n langer en
dikker snawel het en’n breër pers borsband.
Hulle verskil van die rooiborssuikerbekkies
deur die swart pens
(nie grys nie) en van die swartpensen
bloukruissuikerbekkies deur die
pers borsband (nie rooi nie).
Die lang geboë snawel laat dié
voëltjie toe om maklik blomnektar
en insekte diep binne-in blomme
by te kom. Hulle vreet insekte soos
vlinders, bye, perdebye, sprinkane
en miere. Dié insekte word
gewoonlik in vlug gevang. Maricosuikerbekkies
sal ook aspris hul
nessies naby aan aktiewe perdebyneste
bou om die prooi makliker
by te kom.
Hulle roep is ’n lang reeks ‘tsip’-
geluide en ’n vinnige kweelsang.
Maricosuikerbekkies bly in doringveld
en droë breëblaarboswêreld
en nessies word hoog bo in bome
gemaak.
Die Maricosuikerbekkie het ’n lang geboë snawel
Foto: Wikipedia
Die nessie is ’n hangende ovaal
wat baie slordig is. Van buite af lyk
dit soos spinnerakke wat oor dooie
blare geweef is, maar binne is dit
baie netjies uitgevoer. Daar is ’n
sy-ingang naby aan die bokant van
die nessie en net die snawel van
die broeiende voëltjie steek by die
nes uit.
Die Maricosuikerbekkie is monogaam
en sal by sy maatjie bly vir
die res van sy lewe of tot die
maatjie doodgaan. Daarna sal ’n
ander maat gekies word. Daar
word een tot drie wit eiers
gelê. |