Rooikat in '?n stadstuin PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 27 January 2014 22:14
Untitled Document

‘n Rooikat is op ‘n Sondagoggend in Desember deur ‘n voorstedelike huis se kamervenster afgeneem.
Die mens wat die foto geneem het sê dat hy nie sy naam of die kompleks waar hy woon bekend wil maak nie, omdat hy bang is dat ander inwoners die kat sal probeer verjaag of vang.


‘n Rooikat maak hom tuis in ‘n voorstedelike tuin

Al wat hy wou sê is dat sy gesin se huis teen die noordelike hang van die Bronberg, tussen Hans Strijdom-rylaan en Generaal Louis Botha-laan is. Dit plaas die huis aan Lynnwoodweg se kant van die berg, enige plek vanaf Wapadrand, Die Wilgers of Lynnwoodrif.

Die rooikat het ewe kalm vir die gesin sit en kyk. Hy was so 15 meter van die huis af, en toe hulle die gordyn ooptrek, het hy rustig opgestaan, omgedraai en stadig weggeloop. 

 

© 2019 Die/The Bronberger