Verbrande 'spookmotor' Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 January 2014 22:12
Untitled Document

Dié voertuig het op Dinsdagoggend 14 Januarie verlate en heeltemal uitgebrand op die Boschkop-Tierpoort-grondpad (pienk pad) gelê. Alle pogings om die omstandighede wat tot die voorval gelei het vas te stel, was vrugteloos. Die polisie van Boschkop kon geen antwoorde gee nie. Volgens hulle is die motor nie as gesteel aangegee nie en kon hulle nie ‘n eienaar, teen die registrasienommer, op die databasis van hulle ‘stelsel’ kry nie. Inwoners van die onmiddellike omgewing het ook nie sout of water van die ‘spookmotor’ geweet nie.

 

© 2020 Die/The Bronberger