Ontploffing by myn eis lewe Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 January 2014 22:09
Untitled Document

‘n Mynwerker is dood en nog twee is ernstig beseer in ‘n ontploffing by Cullinan se diamantmyn op Vrydag 17 Januarie.

Kobus Goosen is in die hospitaal aan sy beserings dood, ná ‘n transformator glo by die myn se bogrondse aanleg ontplof het.

Die drie mans het ernstige brandwonde in die voorval opgedoen. Twee was met saktyd nog in die hospitaal waar hulle toestand volgens ‘n kennis ‘ernstig’ was.

xxx

In ‘n ander voorval op Saterdag 18 Januarie is ‘n jong man dood ná sy motorfiets trompop teen ‘n minibus taxie gebots het. Die botsing was in Cullinan op die Cullinan-Bronkhorstspruitpad.
Volgens ‘n inwoner van die gebied wat op die toneel was, het die jong man ná die voorval nog gelewe.

Dit het egter langer as ‘n uur geneem vir ‘n ambulans om die toneel te bereik. Die jong man is dood kort voor die ambulans uiteindelik opgedaag het. Die polisie was glo enkele minute ná die ongeluk reeds op die toneel en het glo dadelik ‘n ambulans ontbied.

 

© 2020 Die/The Bronberger