Ons saal '‘n bietjie af PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 12 December 2013 20:01
Untitled Document

Die Bronnie se spannetjie gaan, soos gebruiklik dié tyd van die jaar, weer ‘n bietjie afsaal. Ons maak die kantoordeur op Vrydag 6 Desember toe. Op Vrydag 3 Januarie 2014 skuif ons die deur op ‘n skrefie oop en op Maandag 6 Januarie is dit weer wawyd oop.

Ons eerste uitgawe van die nuwe jaar behoort vanaf Woensdag 22 Januarie beskikbaar te wees. Teen daardie tyd is almal al weer, vol geesdrif vir die splinternuwe jaar, aan die gang en kan adverteerders afskop met die uitsonderlike blootstelling wat Die Bronberger bied.

Die advertensie-sperdatum vir ons Januarie-uitgawe is Woensdag 15 Januarie, die dag waarop die skole vir die nuwe jaar oopmaak.

Adverteerders en lesers met enige navrae, besprekings of wenke kan ons steeds in die vakansietyd bereik deur ons selnommers te bel: Tania: 072-089-0227, Angie: 083-959-1016, Gerhard: 082-377-6807. Of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online