Die Zwavelpoort-vallei word
vroeg op winteroggende in’n versluierde sprokieswêreld
omskep waar ’n mens nie verbaas
sal wees om skouers te skuur met
wesens omring deur stralekranse
nie. Veral nie in Saintstraat nie.
Daar is baie bygelowe, legendes
en mites oor mis. Een van die bekende
legendes gaan oor al die
bergklimmers wat dood is terwyl
hul Mount Brocken, die hoogste
piek in die Harz bergreeks in Oos-
Duitsland, geklim het.
Blykbaar sien dié bergklimmers ’n
misterieuse figuur in die mis met ’n
stralekrans om sy kop.
Die mis hang oor die stroompies wat Zwavelpoortspruit toe loop.
Saintstraat is die grondpad op die foto en as jy op ’n mistige oggend hier
loop, kan jy dalk net ’n ‘saint’ met ’n stralekrans gewaar.
Bergklimmers wat dié figuur gewaar,
is gewoonlik so geskok dat
hulle hul greep laat vaar en van
die kranse afval.
Wetenskaplikes sê egter dat daar
niks misterieus is aan hierdie figuur
nie – dis net die bergklimmer se
eie skaduwee wat omring is deur’n reeks donker en gekleurde
ringe, amper soos reënboë.
Jy kan so ’n illusie net sien as die
son agter jou is. Mis is klein waterdruppeltjies
wat in die lug hang. As
sonlig die waterdruppels binnedring,
word sekere strale gereflekteer
vanaf die agterkant van elke
druppel.
Knap na sonsopkoms hang die mis oor die Bronberg. Die digste mis is oor die Zwavelpoortspruit waar kouer lug bo-oor warmer water hang.
Ringe met spesifieke kleure word
rondom ’n skadu gevorm. Daar is
dikwels meer as een konsentriese
sirkel van reënboog kleure met
rooi altyd aan die buitekant.
So, as jy een winteroggend deur ’n
drif in die Zwavelpoortspruit stap
met die son op jou rug en jy sien
skielik ’n figuur met ’n stralekrans
om die kop voor jou, het jy nie die
tydige met die ewige verwissel
nie.
Dis jou eie skaduwee waarvoor jy skrik. |