Nóg ’n skroot-knoeiery ontbloot PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 18 August 2008 03:02
Untitled Document

Gesteelde goedere is by ’n skrootmetaalwerf agter die Mooiplaats Kafee op die ou Bronkhorstspruitpad gevind.

Volgens ’n betroubare bron is daar Maandagaand 21 Julie ingebreek by ’n plot op Donkerhoek en is R400 000 se goedere gesteel.

Daar is die dag van die inbraak ’n vloer gegooi en voetspore is in die nat sement gekry wat die ondersoekbeamptes kon help om die inbrekers vas te trek.

’n Werker op die plot waar ingebreek is, en drie van die buurplot se sekuriteitswagte is op Dinsdagoggend 22 Julie gearresteer. Die goedere wat hulle gesteel het, is by die skrootmetaalwerf agter die Mooiplaats Kafee gekry.

Inspekteurs van die Boschkopse Polisiestasie wat die arrestasies gedoen het, is Francois Nolte en Hilton Botha.

 

© 2019 Die/The Bronberger