Rhenosterfonteinpad kanaal ná die reën Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 17 November 2013 20:47
Untitled Document

Die Rhenosterfonteinpad is bykans onbegaanbaar ná die onlangse swaar reënbuie.

Inwoners van die Donkerhoek- en Kleinfontein-gebied kla dat die paaie-departement jare laas aan dié pad gewerk het. Die departement se oplossing is om die pad elke nou en dan te skraap, maar nou is hy al soos ‘n kanaal uitgeskraap.


Die pype wat onderdeur die Rhenosterfonteinpad moes loop, is al stukkend geskraap
Foto: Chamanda Prinsloo
Poele water verberg gevaarlike slaggate in die Rhenosterfonteinpad
Foto: Chamanda Prinsloo

Waterpype wat onderdeur die pad moes gaan, staan bokant die pad uit, is stukkend geskraap en beskadig voertuie se bande.

Chamanda Prinsloo, wat daagliks van dié pad gebruik moet maak, sê dat die skrapery nie werk nie.

Die pad moet opgebou word. Die werkers se oplossing is om elke keer as hulle die pad skraap, los grond in die gate te gooi wat nie eers ‘n week lank die gate toe hou nie.


Die onlangse reën het die Rhenosterfonteinpad bykans onbegaanbaar gemaak
Foto: Chamanda Prinsloo

“Danksy die wonderlike reën is daar nou meer gate as enige iets anders in die pad en ons karre hou dit net nie,” sê sy.

Sy sê dat daar verskeie leë beloftes gemaak is om dié pad reg te maak, maar dat dit nie gebeur nie.

Inwoners is nou al raadop.

 

© 2020 Die/The Bronberger