Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2013 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 17 November 2013 18:45
Untitled Document

Reline Badenhorst sê mense moet asseblief snags stadig en versigtig deur die padwerke by "danger bend" buite Cullinan ry. Die bosvarke se habitat is versteur en nou loop hulle snags oor die tydelike pad op soek na kos wat van voertuie afgeval het. Reline sê dié andersoortige padvarke het al minstens twee ongelukke veroorsaak.

xxx

Well-known Mooiplaats resident, Mervyn Woodrow, is launching his novel, ‘Behind the Mountain’, on Thursday, 21 November at the Woodrow farm house in Mooiplaats. For more information, contact Freda Woodrow at 012-802-0945 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Die Cullinan Bewarea bied op 30 November ‘n praatjie oor paddas aan. Dié praatjie deur Jaco van Wyk is van 11 vm tot 1 nm by die aHa! Konferensie-sentrum by Casa Lee Country Lodge. Die kostes is R100 vir volwassenes en R25 vir kinders en sluit ‘n ligte middagete in. Daar gaan baie pret vir die kinders wees. Besprekings kan by Joan du Toit gedoen word teen 20 November. Skakel 082-681-5122 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Kobus de Bruin van Lakelands Aarbeiplaas het laat weet dat hulle Aarbeifees op 2 November ‘n reuse sukses was met ‘n rekord aantal mense – ongeveer 900. Hy sê dat die mense nie net gekyk het nie, hulle het ook gekoop en die fees se algemene verkope was op in vergelyking met laas jaar. Ons wonder hoeveel Vreethans se skrywe oor dié kuierplaas met die sukses te doen het.

xxx

Ons sien op Bronberg Wynlandgoed se webtuiste dat hulle sê die plek is op 19 April 2010 geopen. Dit is jammer dat ‘n plek wat so ‘n ryk geskiedenis het, dit ignoreer. Dit is net die aanbouings en naamsverandering wat in 2010 gevier is. Die oorspronklike Kaaps-Hollandse geboue is deur wyle Faan Smuts, voorheen van ‘Kringe in die Bos’ en stigter van die Skaapkopgilde, gebou en hy en Issie het Bronberg Lodge in September 2004 oopgemaak. Dié gewilde gemeenskapskuierplek was bekend vir sy boerekos en die groot rugby-name wat van heinde en verre gery het om by Faan te gaan kuier.

xxx

Terry Behrens got the go-ahead to open an art gallery in Cullinan. It will be called The Junction Art Gallery, will feature local artists’ work and it opened on the weekend of 10 November.

xxx

Friends of the Faerie Glen Nature Reserve removed the forest of cat’s claw that was growing on the Bronberg’s southern slope in the reserve on Saturday 12 October. The cat’s claw creeper is a category one invasive species which kills trees.

xxx

‘Stemme uit die Suiderland VIII’ is die negende bundel gedigte wat die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) uitgee. Vanjaar vier dié bundel die 175ste herdenking van die Groot Trek en bestaan uit ‘n keur van gedigte wat hiervoor ingeskryf is in die GHA gedigtekompetisie.

xxx

Die nuwe eienaars van die Jewel-sentrum is besig om Cullinan se geskiedkundige hotel skoon te maak. Roland Rohrs van die Cullinan Sakekamer sê dat die skoonmakery na weke se gesmeek gebeur en nog ‘n sukses vir die sakekamer se toerisme afdeling is.

xxx

Die Bronnie kry gereeld oproepe van mense wat ‘n beseerde voëltjie opgetel het en wonder waarheen om hom te neem. Emsie Mohr se ‘Wings in Need’ in Brummeria rehabiliteer sulke beseerde voëls. Sy het ‘n klomp helpers wat die sentrum bedryf en is ook beskikbaar om advies per telefoon te gee. Bel haar by 083-290-2326 of besoek www.wingsinneed.org.za.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online