Ons Kersuitgawe PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Sunday, 17 November 2013 18:44
Untitled Document

Die Bronberger se laaste uitgawe vir 2013 beloof om ‘n baie spesiale een te wees. Soos met vorige jare gaan ons weer vanjaar, in die gees van die Kersseisoen, ‘n besondere Bronnie die lig laat sien.

Interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, wat bepaald oor Kersfees en vakansie gaan, sal opgedis word. Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfeesstories wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Die verlede het geleer dat ons Kersuitgawes baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Een van die redes hiervoor is dat dit telkens reeds vroeg in Desember versprei word. Die Januarie-uitgawe, daarenteen, word eers teen die einde van die nuwe jaar se eerste maand uitgegee.

Dit beteken dat ons Kersuitgawe ‘n langer ‘leeslewe’ as al die ander Bronnies van die jaar het.

Die meeste van ons lesers het in dié vakansietyd ook baie meer ‘leestyd’ as gewoonlik. Die gevolg is dat Desember se Bronberger behoorlik en oor ‘n lang tydperk geniet word en dat jou advertensie of bydrae buitengewone blootstelling geniet.

Omdat ons in lesers se huise gaan wees as die skole sluit, maak ons seker dat dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied jou ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in jou advertensie oor te dra. Onthou net asseblief – ons sluit op Dinsdag 26 November vir advertensiebespreking. Ons Kersuitgawe word reeds vanaf 4 Desember versprei.

Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfeesstories wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers kan gerus ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ‘n briefie in die Bronnie oordra. Stuur jou brief per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Jy kan ook jou Kerswense faks na 086-650-7860 of bel ons by 012-734-0522 met die besonderhede en ons sal sorg dat jou wense op dié spesiale wyse oorgedra word

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 082-377-6807.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online