Suiwer drinkwater stroom in pad af PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 September 2013 23:30
Untitled Document

Suiwer drinkwater het vir langer as 24 uur uit ‘n munisipale waterpyp in Zwavelpoort gestroom. Ten spyte van talle oproepe het die Tshwane metroraad nie opgetree om die watertoevoer af te sny en die vermorsing stop te sit nie.


Water stroom uit die beskadigde pyp
Foto’s: Andre Erasmus

Sub-kontrakteurs wat vir Telkom slote grawe het die pyp vroegoggend op 2 September beskadig. Die waterpyp, by die T-aansluiting van Saintsstraat en Achillesweg, het ‘n rivier water in Achillesweg laat afstroom, verby die druiweplaas tot waar dit in die Zwavelpoortspruit beland het.

Die watertoevoer is laatmiddag op 3 September afgesny en hoewebewoners wat van dié munisipale pypwater afhanklik is, het vir dae aaneen geen water gehad nie. Water het laataand 5 September eers weer by inwoners se krane begin uitkom.


Die regmaak van die waterpyp

Hoewebewoners in dié deel van Zwavelpoort is van die DECT telefoonsisteem (radiofone wat sein vanaf ‘n toring ontvang) afhanklik en wonder hoekom Telkom besig is om slote te grou. Gaan hulle die opsie kry om weer by die normale Telkom landlyne in te skakel?

 

© 2019 Die/The Bronberger