Toestemming is nodig vir spoedwalle PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 18 August 2008 01:57
Untitled Document

Fanie Meyer skryf:

U moet dalk net kyk om dit onder die lesers se aandag te bring dat nie elke een sommer ’n spoedwal kan gaan maak op ’n pad nie.

Daar moet eerstens goedkeuring gekry word - in ons area in Heidelberg by die munisipaliteit. Daar moet ook verkeersbordjies opgerig word.

Daar moet ook gekyk word na die ontwerp en die invloed van water afloop. As dit verkeerd is vernietig dit die pad as dit reën. In my geval maak die een ou ’n spoedwal die naweek toe ek uit is.

Ek kom terug met ’n standaard kar teen +/- 20 km/h en doen R7 000 skade op, want daar was geen bordjies nie en dit was te hoog vir ’n kar, maar reg vir sy bakkie.

Ek het die ou gekry om te betaal want geen persoon kan net veranderinge aan ’n openbare pad doen nie. Verkeersreëls en regulasies bly geld aangaande padbordjies.

Moet my nie verkeerd verstaan nie; die motors kan ook nie net jaag soos hulle wil nie. Wie ook al daardie spoedwal gemaak het waarna julle artikel 'Spoedwal op plotpad laat kar rol' in Die Bronberger van Julie verwys, ek hoop vir sy part hy het toestemming en het die regte verkeersbordjies opgerig, anders is hy ook aanspreeklik indien iets verkeerd gaan.

Dankie vir die raad. Ons weet wie daardie spoedwal gebou het en nee, hulle het nie padbordjies opgesit nie.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger