Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplekke
in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal self vir dit
wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie
Die restaurant by Peter Harris
se Ndlovu Lodge het een
koue onlangse Vrydag vir die
aangenaamste verrassing gesorg
wat ek en ook Metgesel in ’n baie
lang tyd beleef het.
Die verrassing se naam is Ben.
Ben, wat kan toor met ’n wildvleisie
en met ’n hoender en
waarskynlik met ander goed ook.
Die blote ligging van die restaurant,
in ’n bewaria aan die voet
van die Bronberg, sorg reeds vir
rede genoeg om ’n draai by
Ndlovu te maak. Die grootgevensterde
vertrek wat die kuierplek
huisves, bied ’n wonderlike uitsig
oor die herfslandskap en berg.
Simon en Garfunkel sing rustig in
die agtergrond terwyl ons by ’n
knetterende oop vuur ’n drankie
geniet - drankies geniet, moet ek
eintlik sê. Die vertrek is warm, die
Afrika-dekor is warm en verwelkomend
en die atmosfeer is
warm en vriendelik.
Jy kan by die oop kaggelvuur sit om die winter ?n poetsie te bak
Ek is nie verbaas om ’n wildspotjie
op die spyskaart te sien nie. Peter
Harris hou hom immers ondermeer
besig met die jagbedryf. Nou
moet ek meld dat ek sedert die
begin van die jagseisoen al ’n
wilde belusting vir ’n wildvleisie
gehad het. Maar tot die betrokke
Vrydag het dit my ontwyk. Daarom
wil ek half angstig by Ben hoor of
die “wildspotjie” beskikbaar is. Dit
is, sê hy.
Ben vertel dat hy vandag ’n gemsbokgarinkie
gebruik. Nou kyk, in
my ervaring is die fillet van ’n
gemsbok iets wat ’n ou met groot
waardering en omsigtigheid op die
kole berei, maar as Ben dit in ’n
pot wil verbredie, gaan ek nie kla
nie.
Dit kom aan in ’n swartpotjie vir
my om dit op ’n billike bed rys
langs ’n porsie soet baba worteltjies
in te laai soos die lus my lei.
Toe ek die deksel oplug streel die
aroma van Ben se poging my – ryk
en heerlik. Die vleis is in blokkies
gesny, heel en sag – nie soos die
draderige vleisie wat van die been
afgekook is en soos waaraan ek
gewoond is nie.
Dis in ’n “nat” sous, nie met allerlei
verdikkingsmiddels bederf nie,
maar met geurmiddels opgetoor
tot sekerlik een van die beste
wildsvleisgeregte wat ek in my lang
vreetloopbaan raakgeloop het. Ek
kan proe dat hy net die regte
hoeveelheid balsamiese asyn en
rooiwyn aangewend het om die
wildjie mooi rond te maak.
Die atmosfeer en uitsig by Ndlovu is iets om oor huis toe te skryf
. |
Ben se gemsbokgarinkie was ?n aangename verrassing. Daar is nog meer in die pot as op die bord |
Die porsie is meer as ruim en al
voel ek, met die hele pot agter die
blad, amper oorversadig, is ek
getempteer om ’n dik sny witbrood
by Ben af te bedel sodat ek
die laaste sousie kan benut. Net
agter die lekker aan, soos my oorle
ma altyd gesê het.
Gewoonlik vra ’n wildvleisie vir my’n maroelajelletjie of iets dergeliks
om hom aan te vul, maar die baba
worteltjies doen die ding in dié
geval perfek. Dit kos net R69,95.
Metgesel se hoenderborsies, ek
bedoel nou dié wat sy bestel om
te eet, is ook ’n heerlike, anderste
verrassing. Ben berei dit met
parmesan en ’n soet pepersousie.
Sy het nie geweet hoender kan só
smaak nie, sê
Metgesel. Sy was
aanvanklik half
skepties oor die
soet saam met
die borsie - en
onthou Metgesel
eet mos nie
soogdiere nie en
het daarom
meer hoenderervaring
as die
meeste – maar
Ben het haar iets
geleer. Hy het
haar geleer dat’n saai borsie
van hoender in
iets buitengewoons
omgetower
kan word.
Die gereg kos
net R29,95.
Jy ry met die
Zwavelpoortteerpad
uit
Lynnwoodwegverlenging
uit vir
so een kilometer,
dan sit Ndlovu
aan jou linkerkant.
Jy kan hulle bel
by
012-809-0408. |