Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug 2013 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 25 August 2013 17:25
Untitled Document

Na aanleiding van die berig, ‘Diewe stroop eens statige herehuis’ in ons Julie-uitgawe, het Kat van The Heart of Coffees in Cullinan laat weet dat haar man, Terry Behrens, gesien het hoe die hekke by Rocklands weggery word. Hy het gestop om die voertuig se registrasienommer af te skryf, maar het toe gehoor dat die ou wat die hekke verwyder, die eienaar se skoonseun is wat besig was om die hekke vir veilige bewaring weg te neem.

xxx

The Welbekend Fire Protection Association has announced an area-wide prohibition on all open fires from 1 August until further notice.Contact Nic Woodrow at 082-924-4259 or e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  before attempting to light an open fire or for queries about the prohibition, general fire laws and regulations, your rights and obligations relating to fire preparations and preventions.

xxx

Ons hoor uit een van die perde se bek dat Levi Jeans van Amerika besig is om ‘n rodeo advertensie in ons kontrei te skiet.

xxx

Die sesde jaarlikse Genealogie en Familie-Erfenisfees in sameloop met die Rif Makiti word op Saterdag 31 Augustus vanaf 8.30 vm gehou. Die fees word deur Isabel Groesbeek in samewerking met die NG Gemeente Lynnwoodrif, georganiseer. Bring jou vrae oor familieherkoms en kuier saam met verteenwoordigers van familiebonde, navorsingsinstansies, genealogiese verenigings en boekwinkels. Inligtingsessies word aangebied (bespreek jou plek). Die fees is by die NG Gemeente Lynnwoodrif Atrium, Lanciastraat 269. Daar is ‘n teetuin, eetgoed, handwerkmark en vermaak vir kinders. Kontak Isabel by 082-441-2325 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Ingwe is glo soek. Dié luiperd is op Donderdag 14 Oktober 2010 op Mooiplaats aangekeer, het eers ‘n wortelkanaaloperasie by Onderstepoort gekry voor hy geband is, die naam Ingwe gekry het en op 29 Oktober 2010 in die Mongena Game Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat vrygelaat is. Daar kon hy in ‘n 18 500 ha gebied jag en sy bewegings is met ’n opsporingshalsband gemonitor. Klaarblyklik kry hulle nou nie meer ‘n sein van dié halsband nie.

xxx

Nikki De Pina van Rayton sê dat Die Boskombuis groot voordeel getrek het uit Vreethans se rubriek oor hulle. Sy sê dat mense met hulle Bronbergers in die hand daar opdaag om die ontbyt te kom eet waaroor Vreethans geskryf het. Sondae word nou al hoe besiger daar danksy Die Bronberger.

xxx

Ons hoor dat Zwavelpoorters wat erg besorg is oor die lot van muskeljaatkatte in dié vinnig ontwikkelende gebied, nou ‘n plan beraam het om die katte te red. Daar word vanghokke van natuurbewaring gestel en die afgelope ruk is drie muskeljaatkatte reeds so gevang en in wildtuine hervestig.

xxx

Lakelands Aarbeiplaas in Tierpoort hou op 31 Augustus van 9 vm tot 3 nm ‘n plantmark. Dié aarbeiplaas is nou ook op Sondae oop. Vir meer inligting, skakel 072-942-5111 of 073-571-7442.

xxx

Kaartjies is nou beskikbaar vir ‘Die Lange Hoop’ toneelstuk. Dié versdrama deur dr Steyn Steenekamp is die eerste een sedert DJ Opperman se versdrama, ‘Vergelegen’, wat in 1956 geskryf is. ‘Die Lange Hoop’ is ‘n liefdesdriehoek-drama wat in die Groot Trek afspeel en word vanaf 24 tot 28 September om 7 nm in die Senotaafsaal by die Voortrekkermonument opgevoer. Toegang is R100 per kaartjie. Kontak Jenny Ouwenkamp by 012-335-3321 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Op Saterdag 31 Augustus hou die Montessori Akademie en Kollege hulle jaarlikse Plotklop. ‘n Dag van familie-pret word op die skoolgronde in ‘n pragtige plaasomgewing gehou. Vanjaar vier hulle Maria Montessori, die stigter van die Montessori onderrigmetode, se verjaarsdag. Ander Montessori skole neem ook deel aan die dag en die inter-skool sokker. Plotklop begin 11 vm met vlooimarkstalletjies, ponieritte, springkastele en heerlike kos te koop. ‘n Potjiekoskompetisie en groot kampvuur sluit die dag se verrigtinge af. Bring opvoustoele, vriende en familie. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of kontak Tania of Sharon by 012-996-3312.

xxx

A Food and Wine Festival will take place at Shokran in Tierpoort on Tuesday 24 September from 10 am to 7 pm. Entry is R80 for adults when booked online at www.itickets.co.za and R100 at the gate. Children from 12 to 18 years old pay R40 entry. A variety of wine estates will be represented at the wine tasting, there will be deli food stalls, entertainment for children and Flint & Tinder will be performing live. For more information phone 082-335-5659.

xxx

Moenie vergeet dat die Klip Klap Oudhede en Kunsmark elke derde Sondag van die maand gehou word nie. Daar is ‘n wye verskeidenheid oudhede, kuns, boeke, juweliersware, dekor items, snuisterye en eetgoed wat met ‘n glasie wyn geniet kan word. Klip Klap is op plot 78A Leanderstraat, Olympus. Draai uit Olympus oos (by Die Werf Restaurant) in Leanderstraat. Skakel Chris by 082-755-0586.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online