Bronberg-gebied word toerisme-trekpleister PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 16 July 2008 02:00
Untitled Document

Die geheim is op die lappe. Dis nou nie net meer ‘locals’ wat die Bronberg-gebied se beste kuier-, eet- en oorslaapplekke ken nie. Sedert die Bronberg Meander se webwerf in Junie op die lug gegaan het, weet die hele wêreld wat daar alles in ons kontrei te doen is.

Besoek dié webwerf by www.bronbergmeander.co.za en kyk of jy al by die kuierplekke was wat hier verskyn. Lesers wat die‘Dinge om te doen’ tema- artikel in Februarie se Bronberger geniet het, kan dié webwerf dophou vir nuwe avontuur-aktiwiteite in ons gebied. Die Bronberg Meander is ’n inisiatief van Die Bronberger in samewerking met die Gauteng Toerisme-owerheid en die kronkelroete se toerisme info kiosk gaan by Watercrest in Lynnwoodwegverlenging wees.


Onderafdelings op die Bronberg Meander strek van luukse akkommodasie tot karavane en kampeerplek, van dinge om te doen tot kuierplekke, en van kunsgalerye tot wildbesigtiging

Dié kronkelroete dek die volgende hoofpaaie: Delmas-pad, insluitende Rietvleidam Natuurreservaat, Garstfonteinweg- verlenging (M30), Lynnwoodweg- verlenging (M6), die ou Bronkhorstspruitpad (R104), die Bronkhorstspruit-Bapsfontein-pad (R25) en die Cullinan/Kemptonparkpad (R515).

Gaan loer na die webwerf om die roetekaart te sien en ook om uit te vind watter interessante plekke daar in die Bronberg-gebied is. Dié webwerf gaan aanhou verander soos wat die Meander nuwe lede bykry, so maak gereeld ’n draai daar.

Vir meer inligting, besoek www.bronbergmeander.co.za, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 082-340-8711.


Die Bronberg Meander word ondersteun deur die Gauteng Toerismeowerheid

 

© 2019 Die/The Bronberger