Plaasopstal vandag in middel van dorp Print E-mail
News - Toeka se dae
Sunday, 25 August 2013 19:20
Untitled Document

Elsabé Maré

Die ou plaasopstal wat die Rosenthals in 1932 gebou het, staan vandag in die middel van Bronkhorstspruit. Dié opstal op die hoek van Kerk- en Markstraat was eens deel van vier plaashuise met ‘n plaasdam agter hulle.


Martie Wessels en Linda Vorster op die 1932 plaas-opstal se stoep

Die huis en buitegeboue se ruim vertrekke het nog die oorspronklike staal plafonne, houtvloere en
-vensters en behoort aan die Wessels-familie. Hulle verhuur dit aan verskeie ondernemings uit, soos ‘n koffiewinkel en bloemiste, ‘n kliniek en haarsalon.

Die eienares, Martie Wessels, vertel dat haar familie al 44 jaar in Bronkhorstspruit bly. Sy het die winkel al 11 jaar en vind dit ’n lekker dorp met gawe mense. Eens, vertel sy, het almal mekaar geken, maar nou het die dorp baie uitgebrei.

 

© 2024 Die/The Bronberger