Raad speel viool terwyl ligte brand PDF Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 25 August 2013 19:01
Untitled Document

Die metroraad van Tshwane swyg soos die graf oor die straatligte wat nou al sewe maande lank
dag-en-nag langs Lynnwoodwegverlenging en Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) brand.

Alle navrae per telefoon en e-pos van Die Bronberger oor die afgelope maand het niks opgelewer nie.

Die saak is ook deur Mike Strange van die Magalies-Bronberg Grondeienaarsvereniging via die ‘Mobilitate’ webtuiste, aan die Metro-munisipaliteit gerapporteer. Ook hy het geen terugvoer gekry nie.


Die straatligte langs Lynnwoodweg-verlening brand lustig, helder oordag

Intussen brand sowat 140 straatlampe elke dag vir 12 ure in helder daglig. Dié kragvermorsing is maar ‘n druppel in die emmer gemeet teen die metroraad se daaglikse kragverbruik. Tog is dit ‘n vermorsing van krag wat belastingbetalers van die omgewing erg ongelukkig maak.

Die Bronberger het etlike oproepe van omgesukkelde lesers gekry oor dié geldverkwisting. Van hulle het ook vrugteloos probeer om antwoorde hieroor van die metroraad te kry.

Die kleinhandelprys vir die 140 ligte wat elke dag vir 12 ure onnodig brand, sou ‘n vermorsing van bykans R1 miljoen (R965 790) per jaar beteken.

 

© 2019 Die/The Bronberger