Hou vas! PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Sunday, 25 August 2013 16:58
Untitled Document

Hou vas! Hier kom ‘n ding! Die Bronnie word in September ‘n volle elf jaar oud en ons gaan dit met ‘n baie spesiale verjaardag-uitgawe vier.  

As die genade hou en alles volgens plan verloop, gaan Die Bronberger se gedenk-uitgawe van volgende maand alle voriges oortref.

Ons werk aan ‘n behoorlike bielie van ‘n Bronnie wat na verwagting as ‘n bêreboek deur ons lesers bewaar sal word en sodoende vir waardevolle en volgehoue blootstelling sal sorg.

En as ‘n verjaardaggeskenk aan ons adverteerders, verhoog ons die oplaag van dié versamelstuk met minstens 2 000 eksemplare. Dié ekstra Bronnies sal op plekke binne ons gebied versprei word, waar ons tot dusver nog nie gesig gewys het nie.

Ons wil almal wat in die laaste elf jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaarsdag saam met ons te vier deur ’n advertensie in September se verjaardag-uitgawe te plaas. Dit is ’n geleentheid wat nie misgeloop behoort te word nie.

En as jy nog nie in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok.

Ons leservriende kan gerus vir ons ’n brief skryf oor dié dinge wat vir julle in die afgelope publikasiejaar uitgestaan het. As iets met jou gebeur het, jou gepla het, of as iets jou bly, kwaad, skaam, hartseer, knorrig, dankbaar of wat ookal gemaak het, sit pen op papier of vingers op sleutelbord en deel dit met jou mede-Bronbergers.

Deur die jare is ons spesiale uitgawes in September telkens met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun. Ons is vol vertroue dat vanjaar s’n selfs beter gaan doen.
Hou vas!

Bespreek jou plek vroegtydig:
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online