Ouma Isie Smuts het nog ‘n dogter gehad – die jongste kind wat in 1914 gebore is.
Prof PL Steyn van Mooiplaats het, na aanleiding van ‘Staaltjies oor ongekunstelde Ouma Isie is legio’ in verlede maand se Bronberger, laat weet dat die jongste Smutsdogter Louis Rebella gedoop is omdat sy in die rebellie gebore is.
Louis Smuts is op 23 Oktober 1943 met Denis McIIdowie getroud
Foto: NASA, Pretoria, A1 Smutsversameling
Verdere soektog kon net die ‘Louis’ gedeelte van haar naam bevestig. Louis (1914-2003) is op 23 Oktober 1943 met Denis McIIdowie (1917-1997) getroud. Haar pa, Jan Smuts, kon nie die troue bywoon nie omdat hy in die buiteland was. Hy het egter ‘n telegram met gelukwense gestuur. Kaptein Japie Smuts, Louis se broer, het die bruid weggegee.
Die hele bruidsgevolg was in dié oorlogsjare in uniform geklee. Die bruid het ‘n uniform van ‘n kaptein in die mediese korps gedra en haar bruidegom het die Transvaal Scottish se uniform aangehad.
Ouma Isie het aan die hoof van die huweliksonthaal by Libertas gestaan. |