PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 29 July 2013 02:37
Untitled Document

Robert Taylor sê dat die plantegroei teen die Bronberg-hange op die Bateleur Bastion-terrein dié tyd van die jaar baie mooi is. Hy het dié protea foto gestuur om te wys wat hy bedoel. Bateleur Bastion is in Disselboom Oos Rylaan, Wapadrand Uitbreiding 5. Die ontwikkeling het ontstaan toe ‘n groep sakemanne dit ten doel gehad het om die bedreigde berghaan of bateleur weer sy regmatige plek in die gebied te laat inneem. Daar is njalas, rooibokke, tarentale, ‘n groot verskeidenheid voëls, en baie ander kleiner diertjies.

 

© 2019 Die/The Bronberger