Ambulansdiens nou in Cullinan-distrik PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 July 2013 02:28
Untitled Document

‘n Private ambulansdiens dek sedert Junie die Cullinan-, Rayton en Bronkhorstspruit-gebied.
Richard Louw van Advanced Paramedic Assist (APA) sê dat hulle die behoefte aan so ‘n diens in dié gebied raakgesien het en ‘n tak in Cullinan oopgemaak het. Dié tak het een ambulans en meer is beskikbaar, sou dit nodig wees.


In die laaste week in Junie het APA ‘n pasiënt wat net buite Rayton van ‘n perd afgeval het en rugbeserings opgedoen het, te hulp gesnel. Die pasiënt is met ‘n helikopter hospitaal toe gevlieg
Foto: APA

Die ander ambulanse, by APA se Meyerspark, East Lynn en Akasia-takke, kan binne omtrent 20 minute in die Cullinan-gebied wees.

APA het ‘n 24-uur noodlyn: 0860-112-911. Vir meer inligting, skakel 072-615-1674 of 082-901-1675 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger